MUSIEKVIDEO: 'TWEE' se Herman Kleinhans reik solo-album uit

MUSIEKVIDEO: 'TWEE' se Herman Kleinhans reik solo-album uit

Daar is min sangers wat dit regkry om musiek te skep wat regtig met die hart praat. Met sy nuutste album, 'RUITE OOP', bewys Herman Kleinhans weereens dat hy een van die min liedjieskrywers is wat hierdie kuns vervolmaak het en beweeg hy ook ietwat uit sy gemaksone met ’n ligter nommertjie of twee. 

HERMAN KLEINHANS
Verskaf.

Dié wenner van Afri-Visie se liedjieskryfkompetisie se nuutste ateljee-album, wat alles bevat van emosionele liefdesballades tot lighartige kuiermusiek, het ’n volwasse kontemporêre klank en is die resultaat van maande se beplanning en harde werk. 

LEEK OOK: SPAR Carols by Candlelight: Riana Nel's top collaboration videos

Dit spog met 12 snitte, wat grotendeels uit sy eie pen kom, met die uitsondering van drie liedjies waarvan hy twee saam met Bok van Blerk en een – 'Ons Kan' – saam met sy meisie, Maryke, geskryf het.

“Die tema van die album is ‘Lewe in Suid-Afrika’ en baie onderwerpe word aangespreek – van depressie tot liefde. Dit was vir my belangrik dat elke snit van uitsonderlike gehalte moes wees, omdat ek dit vir ’n geruime tydjie gaan moet sing. Ek maak juis oor hierdie rede nie eintlik kommersiële musiek nie, omdat ek dit nooit geloofwaardig sal kan sing by vertonings nie,” vertel hy. 

Sy nuutste enkelsnit, 'Vliegtuig', is pas uitgereik en gaan oor sy verhouding met die liefde van sy lewe, Maryke, wat hy op Tinder ontmoet het. 

“Ek het eendag Maryke se kombuistafel vol sout gelos nadat ek springmielies gemaak het. Daarna het ek haar bed deurmekaar gemaak nadat sy dit reeds opgemaak het. Sy het dit geensins waardeer nie. Ek het die liedjie geskryf om op te maak. Die titel, ‘Vliegtuig’, kom van ons droom af om eendag saam ’n vliegtuig te besit,” verklap die kunstenaar oor die tema agter dié nuwe vrystelling 

Die video is op verskeie plekke in die paartjie se tuisdorp, Port Elizabeth, verfilm deur Wian van der Walt van die Coolerbox Brothers.


KYK DIE MUSIEKVIDEO HIER:

Show's Stories