Posduif saai hoop en inspirasie met nuwe musiekvideo
Updated | By Persverklaring
LAAT VAL DIE WATER
se musiekvideo is beslis iets waarby gehore van alle ouderdomme sal aanklank
vind.
Om luisteraars te verenig met hulle goedvoelklanke en positiewe boodskap, is een van die multikulturele musiekgroep, POSDUIF, se grootste doelwitte.
LEES OOK: New single and music video from folk sensation Faraway George
Die musiekvideo van hulle nuutste enkelsnit, LAAT VAL DIE WATER, is
beslis die perfekte getuigskrif hiervan.
Yzerfontein, in die Weskaap, dien as die perfekte agtergrond vir dié vrolike
video, wat spog met die mooiste natuurtonele.
Die konsep wat die groep uitbeeld wat as vriende wat saam toer, is saam met
Kyle White beplan, wat die video verfilm en vervaardig het.
“Nadat ons met Kyle ontmoet het om te
gesels wat ons in gedagte het, het hy voorgestel dat ons die video so natuurlik
as moontlik hou,” verduidelik sanger en kitaarspeler, Nick Jordaan. “Dit wys al die mooi plekke wat ons sien op
ons toer en sluit ook beeldmateriaal in van die lewendige optrede wat ons by
ons eindbestemming doen.”
Alhoewel alles nie seepglad verloop het agter die skerms nie, het hulle dit
baie geniet en is dit maklik om te sien hoe goed die groeplede, wat soveel van
mekaar verskil, oor die weg kom.
“As die video net een persoon anders kan
laat dink oor die lewe en inspireer om meer verdraagsaam te wees, dan is ons
werk gedoen,” sê hy.
KYK DIE MUSIEKVIDEO HIER:
LAAT VAL DIE WATER, wat deur Jordaan en James Boland geskryf is en deur die groep beskryf word as ’n snit met ’n “lekkerluister-aanslag”, is baie goed ontvang deur die publiek en radiostasies regoor die land.
Volgens die musikante is hierdie ’n liedjie van hoop en dra dit die boodskap dat moeilike tye makliker oorkom kan word deur in die toekoms van Suid-Afrika te glo, eerder as om negatiwiteit te help versprei. “Daar is so baie negatiewe stories en mense wat uit die land uit vlug,” sê Jordaan.
Show's Stories
-
SA woman shares story of singing with Green Day
On Sunday the 19th of January, Green Day performed at Soccer City to tho...
The Drive with Rob & Roz 9 hours ago -
Why 2025 has fewer public holidays than 2024
Have you locked in your leave days for the year yet?
The Drive with Rob & Roz 12 hours ago