Wen kaartjies na André Schwartz en Leah se aanlynkonsert, 'Musical Magicals'

Wen kaartjies na André Schwartz en Leah se aanlynkonsert, 'Musical Magicals'

Gedurende dié vertoning maak hul liedjies vanuit musiekblyspele soos 'Mamma Mia!', 'Chicago', 'Phantom of the Opera', 'Aladdin', 'Moulin Rouge', 'Les Misérables', 'Wizard of Oz' en vele meer.

André Schwartz
André Schwartz / Verskaf

Wanneer André Schwartz en Leah se stemme een word in hul aanlynproduksie, 'Musical Magicals', op Sondag, 27 September, sal kykers meegesleur word na die fantasiewêreld van die grootste musiekblyspele soos hul bekroonde treffers vertolk.

LEES OOK: "We really need some hope" - Yvonne Chaka Chaka and André Schwartz release song of hope during isolation

“Toe ek en André hierdie vertoning beplan het, het ek sommer nostalgies geraak oor al die wonderlike oomblikke wat musiekblyspele al gelewer het. Dit plaas mens sommer in ’n ander wêreld en laat jou so bietjie vergeet van tyd,” het Leah vertel. 

“Dis my derde aanlynvertoning en met elke konsert streef ek daarna om vir die kykers ’n unieke produksie te bied wat regtig anders is as die gewone,” het André gesê.

André het ook al ’n blywende indruk as musiekteater-kunstenaar gemaak en dié begaafde sanger het onder meer verskeie toekennings vir sy optrede as “The Phantom” in The Phantom of the Opera ontvang. Hy is ook al deur die meester Andrew Lloyd Webber self erken as een van die beste “Phantoms” wat die verhoog al ooit opgelewer het. 

Magical Musicals vind op Sondag, 27 September om 17:00 aanlyn plaas en is ongeveer ’n uur lank. Kaartjies is reeds beskikbaar teen R65 - slegs by Quicket hier.

Wen 'n kaartjies na die vertoning deur ons te laat weet wat jou gunstelling musiekblyspel is:

Show's Stories