Steek Die Vure Aan - Bok is terug!

Steek Die Vure Aan - Bok is terug!

Afrikaanse musiekliefhebbers sien al 'n geruime tyd uit na Bok van Blerk se nuwe album, wat binnekort beskikbaar sal wees.

bok_-_final-full.jpg
Afrikaanse musiekliefhebbers sien al 'n geruime tyd uit na Bok van Blerk se nuwe album, wat binnekort beskikbaar sal wees.
 
"Steek Die Vure Aan" wat deur Murray Lubbe vervaardig en verwerk is, spog met veertien splinternuwe snitte wat die Afrikaner hartsnare sal roer.
 
In 2005 is Bok van Blerk deur Sean Else en Johan Vorster genader om hul platemaatskappy, Mozi Records, se eerste kunstenaar te word. 
 
'n Album is opgeneem en as Bok van Blerk en die Mossies: Jy Praat Nog Steeds My Taal in Maart 2006 vrygestel. 
 
In Oktober word die album weer vrygestel maar hierdie keer is die titel De la Rey na aanleiding van die trefferliedjie wat stadig maar seker onder mense se velle begin kruip het. 
 
Die verkope van die album begin klim en dit word een van die grootste verkopers van 2007. Die verkope van die album is vandag net onder 200 000 wat dit een van die suksesvolste debuutalbums ooit in Afrikaans maak.
 
In 2007 is Bok deel van Ons Vir Jou, 'n rugbyalbum wat uitgereik is vir die Wêreldbekertoernooi wat uiteindelik deur Suid-Afrika gewen is. Die album is 'n reuse sukses met verkope van 90 000. 
 
Ná die sukses van De la Rey wat bykans 200 000 albums verkoop het, stel Bok van Blerk sy tweede album, Afrikanerhart bekend gevolg deur My Kreet, wat weereens weghol sukses behaal.
 
Bok het as sanger en liedjieskrywer baie gegroei sedert sy debuut in 2006 en dit kom duidelik navore met die vrystelling van sy vierde album, Steek Die Vure Aan.
 
Luister hier na sy nuutste treffer wat ook op Jacaranda FM gehoor kan word.
 
 

Show's Stories