Uitklophou vir Karlien van Jaarsveld

Uitklophou vir Karlien van Jaarsveld

Karlien van Jaarsveld se nuwe album, Uitklophou het binne die eerste twee weke na uitreiking meer as twintig duisend verkope bereik.

Karlien Van Jaarsveld - Uitklophou_modelbase_list_item_promo_web.jpg
Karlien van Jaarsveld se nuwe album, Uitklophou het binne die eerste twee weke na uitreiking meer as twintig duisend verkope bereik.
 
Sedert die premiere van die musiekvideo op Top Billing aan die einde van Julie, het dit reeds meer as 22 000 trefslae op youtube gehad. 
 
En mense is aan die praat oor hierdie ongelooflike liedjie wat handel oor die eenvoud van 'n verhouding. J
 
Jy hoef nie groot goed te doen of geld te hê nie - dit gaan net oor daardie manier wat jy aan iemand vat. 
 
Met liedjies uit die pen van Karlien self, asook Johan Vorster en Christoph Kotze, kan bewonderaars verder uitsien na die duet met haar broer Bobby, "Toe ons jonk was," en die 2013 Eurovision liedjie en titel van die album, "Uitklophou" saam met Eden. 
 
 
Maar Karlien se lewensfilosofie bereik nie net mense deur haar musiek nie. Sy het onlangs 'n ope uitnodiging aan haar 55 000 Facebook volgelinge gerig waar sy noem sy gaan 'n boek begin skryf met antwoorde op die vrae wat sy nie altyd op sosiale media kan antwoord nie. 
 
"Ek kan agterkom in die vrae wat julle vra, dat julle nie altyd die vraag vir 'n vriendin wil vra nie omdat sy dalk nie vir jou 'n eerlike antwoord gaan gee nie, of jy 'trust' haar net nie genoeg nie… en dis dalk iets wat jy definitief nie vir jou ma wil vra nie, want dis soos net iets wat julle nie oor praat nie... So ek stel nou vir julle die gronde om die vrae te vra wat julle wil."
 
"Ek en Finesse Tydskrif kies watse vrae om in die boek te sit met jou naam by wat die vraag gevra het, of as jy verkies om anoniem te bly sal ek dit so hou en net by jou vraag in die boek skryf, Anoniem. Hierdie gaan 'n redelike proses wees, maar dis waar ons begin, by jou en jou vraag. So nou wag ek vir julle vrae…"
 
Wat hou die res van 2013 in vir Karlien die sangeres, Karlien die aktrise en Karlien die glanspersoon? 
 
 
Haar besige skedule van optredes sluit in die Toyota Jacaranda Pops op 10 Augustus en  Aardklop op 28 September met die Gariep Kunstefees en Hart van Windhoek tussenin. 
En dan keer sy ook saam met Bobby terug na die silwerdoek in "As Jy Sing," wat vir November uitreiking beplan word.
 
Met al hierdie blootstelling behoort die goue "Uitklophou" binnekort nog groter te wees met baie meer as 20 000 hande in die lug.
 

Show's Stories