Bok van Blerk vier 10 jaar in die musiekbedryf
Updated | By MornéJK
Afrikaanse sanger, Bok van Blerk vier vanjaar 10 jaar in die musiek bedryf en is besig met 'n paar projekte as deel van die vieringe.

Bok het vanoggend aan die Complimentary Breakfast gesê dat hy terugkeer na waar hy sy eerste optrede gedoen het - in Hoedspruit.
"Die planne verander gedurig en ons het gisteraand besluit dat ons dalk 'n dvd opname gaan maak om die mylpaal te vier," het Bok gesê.
Hy het ook laat glip dat hy werk aan 'n nuwe album met 'n nuwe enkelsnit genaamd "Van De La Rey Tot Nou"
"Ons werk ook aan 'n dokumenter oor wat in die afgelope 10 jaar gebeur het," sê hy.
Bok meen daar is groot planne die jaar waaroor hy nig nie nou kan uitbrei nie.
Intussen doen die nuwe Afrikaanse fliek, Modder en Bloed, waarin Bok van Blerk te sien is, steeds baie goed by die lokket.
Hy het ook die temalied van dié fliek geskryf.
Show's Stories
-
A parent or child's farewell: The funeral
How do we prepare for the unthinkable—the passing of a child?
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 3 hours ago -
Weather warning in China: People under 50kg to stay indoors
Despite what many might think, this was a legitimate weather warning...
The Workzone with Alex Jay 4 hours ago