Bok van Blerk vier 10 jaar in die musiekbedryf
Updated | By MornéJK
Afrikaanse sanger, Bok van Blerk vier vanjaar 10 jaar in die musiek bedryf en is besig met 'n paar projekte as deel van die vieringe.
Bok het vanoggend aan die Complimentary Breakfast gesê dat hy terugkeer na waar hy sy eerste optrede gedoen het - in Hoedspruit.
"Die planne verander gedurig en ons het gisteraand besluit dat ons dalk 'n dvd opname gaan maak om die mylpaal te vier," het Bok gesê.
Hy het ook laat glip dat hy werk aan 'n nuwe album met 'n nuwe enkelsnit genaamd "Van De La Rey Tot Nou"
"Ons werk ook aan 'n dokumenter oor wat in die afgelope 10 jaar gebeur het," sê hy.
Bok meen daar is groot planne die jaar waaroor hy nig nie nou kan uitbrei nie.
Intussen doen die nuwe Afrikaanse fliek, Modder en Bloed, waarin Bok van Blerk te sien is, steeds baie goed by die lokket.
Hy het ook die temalied van dié fliek geskryf.
Show's Stories
-
Plans to crackdown on spam calls in South Africa
If you are as tired of receiving multiple spam calls daily as we are, he...
The Drive with Rob & Roz 2 days, 6 hours ago -
LOOK: R430,000 for one night in South Africa's most expensive Airbnb
From butlers to private aeroplane runways, these lavish listings are bri...
The Drive with Rob & Roz 2 days, 8 hours ago