'7de Laan'-akteur kritiek na hartaanval
Updated | By Jacaranda FM
David Rees, wat die rol van 'Chris Welman' in die gewilde SABC-sepie '7de Laan' vertolk, het Maandag 'n dubbele hartomleiding ondergaan nadat hy Sondag 'n hartaanval gehad het.

David Rees, wat die rol van 'Chris Welman' in die gewilde SABC-sepie '7de Laan' vertolk, het Maandag 'n dubbele hartomleiding ondergaan nadat hy Sondag 'n hartaanval gehad het.
Kayleen Bessit, PR bestuurder by '7de Laan', het die nuus aan Jacaranda FM bevestig.
Volgens Rees se publistiteitbestuurder, Corlia Strauss, is die geliefde akteur in die waakeenheid van die hospitaal waar hy behandel word.
"Dit gaan kritiek, maar stabiel."
Rees behoort nie aan 'n mediese fonds nie en die onverwagse gebeurtenis het 'n emosionele en geldelike las op die Rees-familie geplaas.
"Ons benodig dringend fondse vir hom," het Strauss bevestig.
Om by te dra tot die fonds, volg die Back a Buddy-skakel of stuur 'n e-pos na [email protected]
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
WATCH: Hollywood celebs you didn't know have SA heritage
This list excludes obvious names like Trevor Noah or Charlize Theron.
The Drive with Rob & Roz 4 hours ago -
Fishy fan theory connects 'Jaws' to 'Finding Nemo'
There could be a familial connection between two iconic films...
The Drive with Rob & Roz 4 hours ago