KYK: 'Boer Soek 'n Vrou'-aanbieder ontsnap modderstorting in Franschhoek
Updated | By Jacaranda FM
Die gewilde TV-vrou en haar man het nog nooit so storm beleef nie.

Die 'Boer Soek 'n Vrou'-aanbieder Marciel Hopkins en haar man, Handrè Lourens, het nog nooit só 'n sterk storm beleef nie.
LEES: Oulike twee-jarige sing SA volkslied uit volle bors
Die glanspaartjie moes Maandagoggend ontsnap van 'n modderstorting wat amper hulle chalet in Franschhoek platgevee het.
Volgens geberigte het Hopkins en haar man vir twee nagte by Mont Mantre-landgoed bespreek.
LEES: Massiewe brander bars deur restaurant se venster
"Ons moes vanoggend dringend net voor 06:00 ons verblyf ontruim in Franschhoek toe die water en grond deur die huisies begin stroom," het Hopkins op Instagram geplaas.
"Ons moes bo-oor ons balkon klim met tasse in PT broekies, want die voordeure is vasgespoel."
"Nie hoe mens beplan om 'n publieke vakansiedag te begin nie."
LEES: Sanger Arno Jordaan deel video van brandende Sun City gebou
Volgens Hopkins, het dit die vorige aand meer as 100mm gereën.
"Elke pad in Franschhoek is heeltemal verspoel, so niemand kan in of uit die dorp kom nie," het sy verder geskryf.
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
WATCH: Man steals Ford Ranger tyre in broad daylight
Video footage of a man stealing the spare tyre off a bakkie has gone vir...
Breakfast with Martin Bester 30 minutes ago -
'Grandpa Robbers' stand trial for Kim Kardashian Paris heist
During the 2016 Paris Fashion Week, the billionaire businesswoman was he...
The Drive with Rob & Roz 16 hours ago