KYK: Oulike twee-jarige sing SA volkslied uit volle bors

KYK: Oulike twee-jarige sing SA volkslied uit volle bors

Díe video van 'n twee-jarige wat Suid-Afrika se volkslied sing het reeds meer as 250,000 kyke en 20,000 likes.

Little Boy Sing
Instagram/ Skermgreep

Hesti Brittz, 'n jong ma van Centurion wat bekend is vir haar gewilde TikTok video’s het onlangs 'n video, waarin haar kleuter Suid-Afrika se volkslied sing, gedeel.  

Die video het vinnig oor verskeie sosiale media platforms versprei. 

KYK: Sanger Arno Jordaan deel video van brandende Sun City gebou

In die video kan twee-jarige Aiden Brittz met sy hand op sy bors gesien word waar hy 'Nkosi Sikelel' iAfrika' sing.

"Wanneer jou 2 jarige ook wil wys hy support die Bokke," het Brittz op die video geskryf. 

Talle sosiale media-verbruikers  het gereageer op die oulike video waar die klein seun uit volle bors sing.

KYK: Juan Boucher sing 'Who The Faf Is Alice' op Friday Live

Die oulikste gedeelte, natuurlik, is wanneer Aiden die lied begin en in plaas van "Nkosi Sikelel' iAfrika" sing, sing hy "Nkosi Sikelel' Afrikaans".

Meer as 'n duisend TikTok-verbruikers het op die video kommentaar gelewer.

Kyk die oulike video hier:

@hesti_highlights Ons het die gees 🇿🇦🇿🇦🇿🇦 . . . . . . . #toddler #toddlersoftiktok #nkosisikelelaiafrica #afrikaans #southafrica #springbok #springbokrugby #rugby #tiktoksouthafrica #fyp #foryoupage #SAMA28 ♬ original sound - Hesti

Volgens Brittz, het sy nie eers geweet dat Aiden die lied ken nie. 

"Hy het net eweskielik gesê 'mamma kom ons sit ons hand op ons bors' en toe begin hy sing," sê Brittz

KYK: Massiewe brander bars deur restaurant se venster

Die ma van Centurion het ook aan Breakfast with Martin Bester gesê dat sy geskok was oor die aandag wat die video gekry het. 

"Ek het gedink dit gaan views kry maar nooit gedink mense gaan dit so geniet nie," het sy gesê. 

"Hy vermaak ons altyd met liedjies wat hy verkeerd sing en dans graag. Ons is ‘n musikale familie so dis lekker om te sien hoe hy homself in dit ook uitleef."

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: TikTok/Skermgreep

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories