Adam Barnard stel nuwe album bekend

Adam Barnard stel nuwe album bekend

Afrikaanse sanger, Adam Barnard het sy nuwe album, Seisoene In Die Son bekend gestel en verras met 'n slinternuwe aanslag.

Adam Barnard
Facebook

Die voormalige lid van die gewilde groep, Romanz, wat 'n paar jaar gelede opgebreek het, het sy nuwe solo album onlangs uitgereik.


"Ek is so trots op hierdie album en alhoewel dit 'n komersiele album is, sal ek nooit regtige wegbreek van Gospel af nie," het Adam aan Jacatainment gesê.


“Seisoene in die Son” stel 'n nuwe kant van Adam ten toon en aanhangers kan uitsoen na 'n nuwe unieke klank in Afrikaans.


Liedjies soos “Seisoen in die Son”, “Jy’s die Rede”,”Dans in die Reën”,”Alles verskyn op die nuwe album, met bekende treffers “All Coming back to me Now” van Celine Dion, “Fix You” van Coldplay en “She” van Elvis Catello uit die rolprent Nottinghill wat ook herverwerk is.


"Ek is ongelooflik dankbaar vir al die seën wat ek reeds kon ervaar het met my loopbaan ,maar ek weet dit is net die begin van groter dinge wat nog voorlê," meen hy.


Kyk die onderhoud hier:

Show's Stories