Adam Tas terug met nuwe enkelsnit
Updated | By MornéJK
Afrikaanse sanger, Adam Tas het die week sy nuwe enkelsnit, Melk en Heuning Vrou bekendgestel.

Die enkelsnit is van sy nuwe album, Patatas en Pyptabak wat stories vertel deur 13 sorgvuldig gevormde snitte vanuit 'n nuwe invalshoek.
Adam Tas raak stories aan van mense, liefde, vriendskap, verlies, lewensreise, eenheid en hoop met 'n duidelik patriotiese en onbeskaamd-geestelike ondertoon.
Met sy unieke manier om hartslirieke en musiek tot iets te verweef gryp sy nuwe klank jou aan.
Tas se uitsonderlike stem smelt moeiteloos met die klanke van kitaar, bas, klavier, mondfluitjie, drom en selfs simfonie-elemente saam in sy uitvoering van snitte soos "Melken-heuning-vrou", "Die laaste kitaar op aarde", "Afrikagrond", "My moeder is 'n taal" en "Manna vir die boere" - 'n meesterlike album wat gegrond, opreg en rou, dog pragtig poëties is.
LEES OOK: Snotkop se nuwe musiek video te stout?
Die album sluit ook twee duette in - die tong-in-die-kies "Ek slaap sleg sedert ek dood is" met Ricus Nel en die Nick Cave-gunsteling, "Where the wild roses grow", met Andriëtte - wat kleure van humor en drama as komplement aan 'n reeds ryke musikale aanbieding verleen - 'n album wat gereed is om tot aan die kruin van menige ranglyse te styg.
- Persverklaring
Show's Stories
-
How to cook butter chicken without butter
Is it possible to still make a delicious version of this Indian dish wit...
The Drive with Rob & Roz 12 hours ago -
LOOK: R1 billion Cape Town hotel set to be completed in 2026
The 'super luxury' hotel is one of the most expensive hotels built in So...
The Drive with Rob & Roz 12 hours ago