Afrikaans Is Groot kry nuwe lewe
Updated | By MornéJK
Die gewilde jaarlikse Afrikaans Is Groot konserte het 'n nuwe tuiste in Pretoria.

Organiseerders het gister bekend gemaak dat vanjaar se konserte by die nuwe Sun Arena by Menlyn Maine se Time Square sal plaasvind.
Bouwerk aan die arena is steeds aan die gang.
"Afrikaans is Groot is terug. Kompleet met 'n nuwe kleur, geur, baadjie, selfs 'n nuwe venue en sonder enige twyfel, met groter betowering as ooit," het die organiseerders gesê.
"Hierdie reuse arena sal voortaan die tuiste van Afrikaans is Groot wees, en waarom nie? Die grootste konsert in Suid-Afrika op die verhoog in die grootste binnehuis-arena in die land."
Afrikaans is Groot is reeds in sy 6de jaar, en vind vanjaar op 24, 25 November en 1, 2 Desember plaas.
Kaartjie verkope open op 26 April 2017.
Show's Stories
-
Vermaaklikheidster in hospitaal ná fratsongeluk
Bibi du Preez het 'n versoek op aanhangers gemaak om haar te ondersteun ...
Breakfast with Martin Bester 2 hours ago -
50-hour water maintenance coming for these Joburg areas
Residents have been reminded of a 50-hour water maintenance operation th...
Breakfast with Martin Bester 2 hours ago