Afrikaans Is Groot kry nuwe lewe
Updated | By MornéJK
Die gewilde jaarlikse Afrikaans Is Groot konserte het 'n nuwe tuiste in Pretoria.
Organiseerders het gister bekend gemaak dat vanjaar se konserte by die nuwe Sun Arena by Menlyn Maine se Time Square sal plaasvind.
Bouwerk aan die arena is steeds aan die gang.
"Afrikaans is Groot is terug. Kompleet met 'n nuwe kleur, geur, baadjie, selfs 'n nuwe venue en sonder enige twyfel, met groter betowering as ooit," het die organiseerders gesê.
"Hierdie reuse arena sal voortaan die tuiste van Afrikaans is Groot wees, en waarom nie? Die grootste konsert in Suid-Afrika op die verhoog in die grootste binnehuis-arena in die land."
Afrikaans is Groot is reeds in sy 6de jaar, en vind vanjaar op 24, 25 November en 1, 2 Desember plaas.
Kaartjie verkope open op 26 April 2017.
Show's Stories
-
Most acclaimed thriller writer says Netflix hit has 'best line of the year'
Getting the King of Horror's stamp of approval is not easy...
The Drive with Rob & Roz 7 hours ago -
Temu makes major changes to South African VAT and import charges
The e-commerce site has experienced some setbacks in 2026, and these cha...
The Drive with Rob & Roz 8 hours ago