Akteur David Rees kritiek, maar veg moedig voort

Akteur David Rees kritiek, maar veg moedig voort

Die gewilde '7de Laan'-akteur, David Rees, het Maandag 'n dubbele hartomleiding ondergaan nadat hy Sondag 'n hartaanval gehad het. Volgens sy suster, Monique Buttle, is hy "kritiek, maar hy veg moedig" voort. 

Akteur David Rees kritiek
Verskaf/7de Laan

David Rees, wat die rol van 'Chris Welman' in die gewilde sepie, '7de Laan' vertolk, se toestand word steeds as kritiek bestempel,  maar hy veg moedig. 

Volgens sy suster, Monique Buttle, het baie pyn en raak angstig oor die finansiële impak op sy familie, maar ons doen alles in ons vermoë om hom gerus te stel en kalm te hou. 

"Die hartaanval het skielik Sondag gebeur en dokters kon vasstel dat hy 'n erge arteriële blokkasie gehad het. Die gevolg was 'n dubbele hartomleiding Maandag," voeg sy by. 

Buttle was nie teenwoordig toe David die hartaanval gekry het nie, hy was saam met vriende. 

"Hulle het onmiddelik die ambulans en vir my geskakel. Almal was geweldig geskok. Ons is van bakboord na stuurboord gestuur en nà 'n verkeerde diagnose van 'n maagseer by 'n staatshospitaal, het ek besluit (na 'n gesprek met die Intensiewesorg Paramedikus) dat David na 'n privaathospitaal geplaas moet word met 'n kardio-eenheid. Die eerste hospitaal het nie 'n kardioloog beskikbaar gehad nie en hy is daarna na Milpark Hospitaal gehaas."

Buttle is steeds getraumatiseerd deur die gebeure en ervaar 'n beklemming elke keer as haar foon lui.

"Hy is steeds in die intensiewe eenheid en daar is verskeie spesialiste betrokke. Hy word uitstekend versorg!"

"Ons prioriteit op hierdie stadium is net om David gesond en by die huis te kry."

Rees behoort nie aan 'n mediese fonds nie en die onverwagse gebeurtenis het 'n emosionele en geldelike las op die Rees-familie geplaas. 

Om by te dra tot die fonds, volg die Back a Buddy-skakel of stuur 'n e-pos na [email protected]  

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories