Ampie genomineer vir 'n Tempo
Updated | By MornéJK
Afrikaanse sanger, Ampie du Preez is genomineer vir 'n Huisgenoot Tempo Toekenning vir Beste Pop Album.
"Dis 'n groot eer om saam met kunstenaars soos Jay, Leanie May en Juanita du Plessis genomineer te word en dit gaan nie altyd oor wen nie," het Ampie aan Jacaranda FM News gesê.
Ampie se nuutste album, Geheim is laat verlede jaar bekendgestel maar hy meen hy alweer besig om te skryf aan sy nuwe album alhoewel hy nog nie presies weet wanneer hy gaan begin opneem aan die CD nie.
"As kunstenaar en liedjieskrywer hou mens nooit op skryf nie, en dié keer gaan ek nie die resep volg nie," sê Ampie.
Hy wil 'n vars klank skep en Afrikaanse musiekliefhebbers saam met hom op 'n ondekkings-reis neem om weg te breek van die tipiese Afrikaanse klank.
"Mense soos Elvis Blue inspireer my want hy maak musiek en dwing gehore om daarvan te hou. Op 'n manier stel hy sy gehoor bloot an nuwe klanke en style - dis wat ek wil doen," het hy bygevoeg.
As jy vir Ampie wil stem hier is hoe:
Huisgenoot Tempos
— Ampie (@Ampie007) June 21, 2016
Om te stem,sms die letters TEMD1 met jou naam en adres na 35407 voor 6 Julie'16.Jy kan n kar wen pic.twitter.com/asRVwQ2yxG
Show's Stories
-
Young football fan captures hearts with viral World Cup moment
This might just be the most wholesome moment of the tournament.
The Drive with Rob & Roz 11 hours ago -
PlayStation news met with severe backlash
Sony, owner of the PlayStation brand, has announced that it would stop rel…
The Drive with Rob & Roz 11 hours ago