Angelique Gerber: Dankie vir julle ondersteuning
Updated | By MornéJK
Aktrise, Angelique Gerber het 'n video op sosiale media geplaas, waarin sy aanhangers bedank vir hul ondersteuning die afgelope paar weke.

Gerber en haar rugby-man, Jacques Potgieter het verlede week hul eersteling, 'n baba seuntjie, die wereld in verwelkom.
In die video bedank sy aanhangers vir hul boodskappe en gebede.
"Ek wil net van hierdie geleentheid gebruik maak om almal te bedank vir julle gebede. Julle weet nie hoe baie dit vir my en Jacques beteken nie," het sy gesê.
Angelique het ook bevestig dat sy nie nou al fotos van haar kleinding op sosiale media gaan deel nie, aangesien hulle 'n ooreenkoms het met Huisgenoot om klein Jacques aan die wereld voor te stel.
"Ons kan nie wag om fotos van Jacques met hulle te deel nie, maar julle sal nog so bietjie langer moet wag," meen die aktrise.
Die kleinding is in Japan gebore waar die paartjie tans woon weens Jacques se kontrak met 'n plaaslike rugbyspan.
Show's Stories
-
WATCH: Ear fillers are the latest must-have beauty trend
Have cosmetic procedures gone too far?
The Drive with Rob & Roz 6 hours ago -
WATCH: Cape Town Kwikspar throws party with DJ and dancing
New bucket list item: party in a grocery store.
The Drive with Rob & Roz 7 hours ago