Angelique Gerber verwelkom eersteling
Updated | By MornéJK
Aktrise, Angelique Gerber en haar man, Jacques Potgieter het die week hul baba seuntjie die wêreld in verwelkom.
Jacques, wat in Japan rugby speel, het vroer die week saam met Angelique by 'n hospitaal in daardie land aangemeld en fotos op sosiale media gedeel.
Hy het laat gister op Facebook bevestig dat sy seun gebore is.
"Beste oomblik van my lewe! Baie dankie Liewe Jesus vir n perfekte seuntjie! My vrou Angelique Gerber is so amazing en so sterk! Ek is so trots op jou!" het hy op Facebook geskryf.
Potgieter het ook bevestig dat sy seun, Jacques, 3.170kg weeg en 52.5cm lank is.
"Ek het vandag BAIE respek vir 'n vrou gekry en wat julle moet deurgaan. Welkom my seun. Klein Jacques het geweeg en was 52.5cm lank," het hy gedeel.
Intussen het Angelique ook 'n paar fotos met haar aanhangers op Facebook gedeel en haar trots en dankbaarheid uitgespreek.
Show's Stories
-
Would Geordin Hill-Lewis want to stay on as Cape Town mayor if elected DA leader?
In a recent conversation on Breakfast with Martin Bester, Geordin Hill-L...
Breakfast with Martin Bester 20 hours ago -
"Producers are scared to talk and scared to speak out," says South African journalist
TV and film journalist Thinus Ferreira spoke to The Drive with Rob and R...
The Drive with Rob & Roz 2 days, 11 hours ago