Angelique Gerber leer om ma te wees in nuwe TV program
Updated | By MornéJK
Ma-wees is nie maklik nie, en aktrise Angelique Gerber het besluit om haar ontdekkingsreis met Suid-Afrika te deel.

Angelique is te sien in haar nuwe realiteitsreeks, Angelique & Jr. wat op die Afrikaanse kanaal VIA uitgesaai word.
"Ek is opgewonde om uiteindelik met almal te kan deel dat ek en my seuntjie gewerk het aan 'n nuwe realiteits reeks vir VIA," het Angelique op sosiale media gesê.
LEES OOK: Angelique Gerber verwelkom eersteling
Die reeks volg Angelique en haar seun, aan wie sy laat verlede jaar geboorte geskenk het, terwyl sy leer hoe om 'n ma te wees.
Angelique en haar rugby-man Jacques Potgieter het verlede jaar getrou, en kort daarna het sy haar swangerskap aangekondig.
Klein, "Junior" is in Japan gebore, terwyl Jacques daar rugby gespeel het.
Show's Stories
-
Dad tries to have honest conversation with his 2-year-old
"I just wanted to have a conversation with you today...This morning you ...
The Workzone with Alex Jay 16 hours ago -
Winter playground returns to Melrose Arch
Take the kids out this weekend, visit the Melrose Arch Winter playground...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 16 hours ago