Angelique Gerber is swanger
Updated | By MornéJK
Afrikaanse aktrise, Angelique Gerber, wat verlede maand met haar rugby-man, Jacques Potgieter getrou het, het bevestig dat sy haar eersteling verwag.

"Ja, ek en Jacques is swanger!" het sy aan Jacaranda FM News gesê.
Angelique sê hulle weet nog nie die geslag van die baba nie maar dat Jacques hoop dis 'n klein seuntjie.
"As dit 'n seuntjie is wil Jacques seker maak hy hou van sport so hy het reeds gesê hy gaan elke soort bal wat beskikbaar is vir die kleinding koop," het Angelique gesê.
LEES OOK: Angelique Gerber deel fotos van haar groot dag
Die paartjie, wat die week hul troufotos op sosiale media gedeel het, het reeds besluit om die babatjie Jacques te noem, as dit 'n seuntjie is.
"Ons is so geseën met hierdie geskenkie van God en ons kan nie wag nie," meen Angelique.
Nog geen datum is bekend gemaak nie so ons sal maar moet wag en sien wanneer die Potgieter-baba sy of haar verskyning maak.
Show's Stories
-
WATCH: Dancing Spider-Men steal spotlight at wedding
What do you get when you combine a wedding, a Spider-Man suit and amapiano?
The Drive with Rob & Roz 13 hours ago -
KYK: Die lekkerste Afrikaanse woorde!
Ter viering van Afrikaans se 100ste jaar as 'n amptelike taal, kyk ons n...
The Drive with Rob & Roz 14 hours ago