Bobby van Jaarsveld help paartjie om verloof te raak

Bobby van Jaarsveld help paartjie om verloof te raak

As jy jou meisie gaan vra om te trou, doen dit op die regte manier.

Bobby van Jaarsveld
YouTube

Hoe dan nou beter as op die verhoog tydens 'n Bobby van Jaarsveld konsert - want 'n vrou wil dit hoor.


Bobby het 'n paartjie se spesiale dag nog meer spesiaal gemaak toe hy toegelaat het dat 'n jong man sy meisie vra om te trou tydens sy konsert in Springs die afgelope naweek.


Die prins van Afrikaanse musiek het 'n foto met sy duisende aanhangers op sosiale media gedeel en meen dit was vir hom 'n groot eer om die paartjie te kon help.


"This happened last night on my show! Dankie Springs for 'n lekker gig en dat julle almal daar was. Baie geluk julle!" het hy op Instagram gesê.


Bobby se bestuurder, Ronel Brink, het aan Netwerk24 verduidelik dat die hele ding vooraf gereël is en dat Bobby graag die paartjie se spesiale dag nog meer spesiaal wou maak deur toe te laat dat hulle op die verhoog verloof raak.

Show's Stories