Bobby van Jaarsveld terug op die verhoog?
Updated | By MornéJK
Dit lyk of Bobby van Jaarsveld weer die hoofrol in "Droomkind: Die storie van Josef" gaan vertolk wat later vanjaar op die planke kom.

Aktrise, Marlee van der Merwe en akteur Zak Hendrikz het gister fotos op sosiale media gedeel wat dit duidelik maak dat dié produksie eersdaags weer te sien sal wees.
Bobby het in 2014 die rol aangepak en voor uitverkoopte gehore sy staal weereens gewys as akteur.
Droomkind: Die storie van Josef is wel 'n Bybelse verhaal maar die vervaardigers het dit reggekry om die storie te vertel in 'n hedendaagse, eg Suid-Afrikaanse konteks wat gehore laat skater van die lag maar ook laat gryp na die "tissues."

Die produksie, vervaardig deur dieselfde produksiespan as Liefling en Ester, speel in 'n klein dorpie Verneukpan in die Karoo as, waar Jakob en sy seuns met skape boer.
Hulle lief en leed word met skerp humor vertel deur die dorp se twee skinderbekke Oom Mattewis (Philip Moolman) en Tant Hessie (Edrien Erasmus).

Nog geen besonderhede oor die produksie is bekend nie.

Show's Stories
-
WATCH: Cape Town restaurant earns elite pizza certification
We don't want to be too cheesy, but this is a big deal!
The Drive with Rob & Roz 12 hours ago -
WATCH: SA reacts to Audi driver crashing in neighbourhood
"Audi drivers starting to act like Polo drivers."
The Drive with Rob & Roz 12 hours ago