Bok Van Blerk soek jou op sy nuwe DVD

Bok Van Blerk soek jou op sy nuwe DVD

Afrikaanse sanger, Bok van Blerk stel vroeg in September sy nuwe enkelsnit, Van De la Rey tot nou bekend en gaan 'n regstreekse DVD opname maak by die Weiveld in Pretoria. 

Bok van Blerk

Kan jy onthou waar jy was toe jy die eerste keer Bok van Blerk se “De La Rey” gehoor het? 


Nou het jy die kans om dit als te herleef en deel van geskiedenis te wees by twee eksklusiewe konserte waar Bok al sy grootse treffers vir ’n lewendige opname van sy DVD “Van De La Rey Tot Nou” gaan sing. 


Bok gaan twee vertonings by die Weiveld in Pretoria lewer waar hy treffers soos '68 Chevy, Vodka en OJ en Koue Voete en Warm Liefde, gaan sing.


Patriotiese treffers soos Land Van Melk en Heuning, Kaplyn, Sing Afrikaner Sing en De La Rey sal ook deel uit maak van die vertoning. 


LEES OOK: Bok van Blerk vier 10 jaar in die musiekbedryf


Bok sal sy nuwe enkelsnit, Van De la Rey tot nou, bekendstel en soos Bok se bewonderaars hom ken, sal al die treffers met ‘n volle orkes uitgevoer word.


Vertonings vind op die 8ste en 9de September plaas.


- Persverklaring

Show's Stories