Bok van Blerk soek jou in sy DVD
Updated | By MornéJK
Afrikaanse sanger, Bok van Blerk vier vanjaar 10 jaar in die musiekbedryf deur 'n live DVD op te neem en hy wil hê sy aanhangers en ondersteuners moet deel wees van dié vieringe.
Bok het gister aan Jacatainment gesê dat hy baie opgewonde is oor die projek en dat hy uitsien daarna om al sy treffers van die afgelope 10 jaar met sy aanhangers te deel.
"Ek het besluit om 'n live DVD te maak. Kunstenaars maak nie meer live DVDs nie want dit is nogal 'n duur storie, maar ek wil bietjie teruggee aan die wat my oor die jare ondersteun het," het Bok gesê.
Die dvd opname vind Donderdag die 8ste September en Vrydag die 9de September by Die Weiveld in Pretoria plaas en Bok soek jou daar.
LEES OOK: Bok van Blerk vier 10 jaar in die musiekbedryf
Bok sal ook sy nuwe enkelsnit, Van De la Rey tot nou tydens die opnames bekendstel.
Kaartjies vir Donderdagaand kos R120 en kaartjies vir Vrydagaand beloop R150.
Show's Stories
-
Countries actively headhunting South Africans for top jobs
These countries are looking at South Africans for top-paying professiona...
Breakfast with Martin Bester 6 minutes ago -
This is South Africa's favourite takeaway food
One takeaway food also surpasses burgers as the second favourite in SA.
Breakfast with Martin Bester 23 minutes ago