Brendan Peyper die toekoms vir Afrikaanse musiek?
Updated | By MornéJK jk

Aanvanklik het Brendan baie kritiek gekry op veral sosiale media met sommige musiek liefhebbers wat uitgevaar het teen die spiertier.
Brendan het kaal bo-lyf verskyn in sy heel eerste musiek video en sedertdien het al wat 'n media huis is hom gevra om sy spiere te wys. Maar sommiges vra steeds of dié jong man van Bloemfontein net 'n mooi gesiggie is?
Die antwoord is nee!
Musiekbedryf, passop! @BrendanPeyper is hier! Welgedaan xx @SelectMusiek pic.twitter.com/lsQRGbd6Vz
— MornéJK ♛ (@MorneJK) July 18, 2015
Brendan het die afgelope naweek verskeie kritici aan hul woorde laat stuk toe hy die verhoog by die bekende Firken Pub in Centurion met 'n slag getref het.
Hy het alles van Taylor Swift tot Billy Ray Cyrus se treffers een na die ander gesing terwyl groot koppe in die Afrikaanse musiekbedryf toegekyk het - met hul monde wat oophang.
Peyper is nie net 'n mooi gisiggie met 'n mooi lyf nie, maar hy kan self kitaar en bekfluitjie speel, skryf sy eie musiek en sing alles van pop, country tot rock.
Afrikaanse sanger, Dewald Wasserfall het hom na die vertoning geluk gewens en hom alles van die beste toegewens vir sy loopbaan.
Brendan se debuut album sal later vanjaar op die rak verskyn, maar vir nou kan almal toekyk hoe hy kritici se harte, een vir een wen.
Is @BrendanPeyper die toekoms van Afrikaanse musiek ? Ek glo so ! @AfrIsGroot pic.twitter.com/FhSLKEt7MJ
— DewaldWasserfall (@DewaldWasserfal) July 18, 2015
Show's Stories
-
WATCH: Ben Affleck's perfect response to son's R111k request
The award-winning actor is not about to be pushed around by his kid...
The Drive with Rob & Roz 5 minutes ago -
Prince Harry almost ended up dating a Kardashian
Prince Harry was nearly set up with one of the Kardashian sisters before...
Breakfast with Martin Bester an hour ago