Brendan Peyper se nuwe enkelsnit
Updated | By MornéJK
Hartebreker en nuweling in die Afrikaanse musiekbedryf, Brendan Peyper is terug met 'n splinternuwe enkelsnit, Vanaand Sê Ek Net Ja.

Die enkelsnit is die eerste van sy nuwe album, waaraan hy nogsteeds werk.
Hy was sedert Januarie druk besig in die ateljee en meen aanhangers kan iets helemal anders verwag wanneer hy sy tweede album, wat nog nie 'n naam het nie, bekendstel.
"Ek het baie meede-skrywers gehad soos Neil Schoombee, Kosie van Niekerk, maar daar twee liedjies wat ek self geskryf het, waaraan niemand geraak het nie," verklap hy.
Peyper, wat groot opsppraak gemaak het as musiekant, sê hy beplan ook om sy eerste musiekvideo vir die jaar vrytestel, maar hy wou niks verklap nie.
"Ons skiet die video in die eerste week in Maart maar voor ons daar kom het ons nog 8 liedjies om op te neem," sê hy met 'n breë glimlag op sy gesig.
Hy vertel ook dat hy minstens 10 ure per dag in die ateljee spandeer om die album op te neem.
"Mens moet gesond eet, genoeg afleiding kry en gefokus bly," sê hy.
Show's Stories
-
Why you should always secure your child before driving
Do you travel in your vehicle without buckling your child into a safety ...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp an hour ago -
Should nursery rhymes come with a trigger warning?
We can understand how we need to be cautious of what we expose our kids ...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 2 hours ago