Carla Mackenzie splinternuwe aanbieder van Fiësta op kykNET!

Carla Mackenzie splinternuwe aanbieder van Fiësta op kykNET!

Jacaranda FM se eie Carla Mackenzie is die splinternuwe aanbieder vir Fiësta op kykNET!

Carla Mackenzie
Instagram / Carla Mackenzie

Fiësta is nou al vir meer as tien jaar sinoniem met feeste in ons land, asook in buurlande soos Namibië. 

Weekliks besoek aanbierders een of ander fees in Suid-Afrika. Só word daar nie net regoor die land gekuier nie, maar so bring hulle interessante plekke na die sitkamers van kykers.

In die splinternuwe episode van Fiësta, verwelkom Fiësta die splinternuwe aanbieder, Carla Mackenzie. Maak Seker jy kyk haar eerste episode waar sy met ons land se bekendste kunstenaars kuier.

Carla Mackenzie is 'n gewilde naam onder Jacaranda FM luisteraars. Elke oggend vervaardig sy die oggendprogram, 'Breakfast with Martin Bester' en naweke bied sy haar eie program, 'SA TOP 20 with Carla Mackenzie' aan. 

10 FEITE OOR CARLA MACKENZIE

1. Grootgeword in Stellenbosch en bly tans in Johannesburg.

2. Gunsteling kleure is groen en swart.

3. Was ’n SA hokkie speler.

4. Het radio in 2011 begin en is tans op Jacaranda FM.

5. Wil eintlik graag die grootste rose tuin he want ek’s mal oor blomme.

6. Sy ry fiets, speel tennis en sokker om fiks te bly.

7. Hou van kwaliteit restaurante, maar by die huis maak ek vinnige maaltye soos hoender en broccoli want daar’s nie tyd om heeltyd in ’n kombuis te wees nie.

8. Haar tweede naam is Arantxa. Vernoem na die voormalige nommer 1 tennis speler ‘Arantxa Sánchez Vicario’.

9. Haar Suid-Afrikaanse musiek-kennis is tops.

10. Haar bynaam is Mackenzie of Kleintjie omdat sy dikwees die kortste in haar vriendekring is.

View this post on Instagram

My friends are TALL! 🥵

A post shared by Carla Mackenzie (@carlamackenzie7) on

Show's Stories