Chester Williams se laaste TV-onderhoud dié Vrydag op die kassie

Chester Williams se laaste TV-onderhoud dié Vrydag op die kassie

Dié onderhoud was etlike dae voor sy afsterwe verfilm.

Chester Williams
Chester Williams se laaste TV-onderhoud dié Vrydag op VIA / Verskaf.

Die ontslape Springbok-legende Chester Williams se laaste TV-onderhoud voor sy afsterwe sal op Vrydag 13 September om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147) en Netwerk24 se rugbyprogram Groen en goud uitgesaai word.

LEES OOK: Springbok legend Chester Williams dies, aged 49

In dié onderhoud – wat etlike dae voor sy afsterwe verfilm is – kyk Williams terug op sy luisterryke loopbaan op die rugbyveld en hoe hy een van die bekendste name in Springbok-rugby geword het. Sy vrou, Maria Williams, praat ook oor hul verhouding. Om meer insig in Williams se lewe en loopbaan te gee, is die Netwerk24-rugbyskrywers Owen Koch en Stephen Nell, Son-rugbyskrywer Adnaan Mohamed en Netwerk24-meningsredakteur Gert van der Westhuizen ook aan die woord. 

“Chester se afsterwe is nog so rou en skielik,” sê Izelle Venter, VIA se kanaalhoof, “ ’n legende wat ’n enorme impak op rugby en ons land gehad het. Dit is vir VIA en Netwerk24 ’n enorme voorreg om in sy huis te kon wees dae voor sy dood. Die program is so ’n mooi getuienis van sy eerlikheid, sy outentiekheid en sy liefde vir sy gesin – ons hoop dit sal troos bied vir sy naastes en ons kykers.” 

Ter nagedagtenis aan Cherster Williams

Williams is op Vrydag 6 September oorlede aan ’n hartaanval. Hy was 49. Hy is die vierde lid van die seëvierende Springbok-span wat in 1995 die Wêreldbeker gewen het om te sterf: Ruben Kruger is in 2010 aan breinkanker oorlede, Joost van der Westhuizen is in 2017 weens motorneuronsiekte dood en James Small is ook vanjaar as gevolg van ’n hartaanval oorlede. 

Show's Stories