Derick Hougaard: "Ek soek my ring terug"

Derick Hougaard: "Ek soek my ring terug"

Derick Hougaard het die afgelope naweek sy eks, Karlien van Jaarsveld, gemaan om sy ring terug te gee of te verkoop en die geld te belê vir hul tweeling. 

Karlien van jaarsveld

In 'n reeks twiets het Derick Hougaard uitgevaar teen Karlien, waarna Karlien se ma, Ronel Brink ook ingeklim en gesê het sy sal self die ring aan Derick terugbesorg.


Rapport het Sondag berig dat Derick gesmeek het dat Karlien hul massiewe verlowingsring aan hom teruggee of verkoop, en die geld belê vir hul tweeling, Daniël en Eliah, wat amper drie jaar oud is.


Na 'n woorde-wisseling op sosiale media het Bobby van Jaarsveld Maandag oggend ingeklim en Derick gewaarsku om sy familie uit te los.


LEES OOK: FOTO'S: Hougaard by tweeling se verjaarsdag partytjie


Derick het die afgelope paar jaar probeer om Karlien terug te wen, volgens sy twiets en facebook inskrywings, maar na die nuus gebreek het dat Karlien aan rugbyspeler, Joe Breytenback verloof is, het hy besluit om die boek finaal toe te maak.


Karlien en Derick het in 2013 getroud en is na slegs twee jaar geskei.

Show's Stories