Is Derick Hougaard en Nadine 'n paartjie?

Is Derick Hougaard en Nadine 'n paartjie?

Die skindertonge is nou al vir weke los, maar sanger Nadine hou voet by stuk dat sy en die Blou Bulle se liefling Derick Hougaard nie 'n paartjie is nie.

Derick Hougaard en Nadine
Jacaranda FM

Nadine en Derick het Dinsdagoggend saam op Jacaranda FM se Complimentary Breakfast verskyn, en is deur Rian van Heerden oor hul verhouding onder vra.


"As ons 'n couple was, sou ek dit vandag eerste met Jacaranda FM gedeel het," het Nadine aan Rian gesê.


Die gerugte kom na Derick glo sy Whats App profiel foto verander het na een van hom en die Musiek Roulette aanbieder.


Derick het egter laat glip dat elke verhouding begin met 'n vriendskap en dat hulle wel vriende is - maar dat daar ook plek is vir meer.


"Daar is iets maar ons is weet nie regtig wat nie," het hy gesê.


Nadine het egter teruggeklap: "Wil jy hê ek moet jou 'n klap gee, Derick?"


Derick het geantwoord dat hulle nog net vriende is, maar dat sy hom reeds uitskel.


Soveel as wat ons wil hê dat Derick en Nadine 'n paartjie moet wees, is dit klaarblyklik nie die geval nie.


Show's Stories