Dewald Wasserfall se nuwe album oppad

Dewald Wasserfall se nuwe album oppad

Afrikaanse sanger, Dewald Wasserfall het die naweek op sosiale media geterg met sy nuwe album.

Dewald Wasserfall
Official Website

Dewald het Sondag middag 'n 5 sekonde video op twitter geplaas en dalk die album se titel weggegee in 'n tweet wat lees: Hier is 'n (baie) kort voorsmakie van die nuwe album. #JyIsDieStorm is oppad!


Sedert 2010 bou Dewald aan 'n suksesvolle solo-loopbaan en het in 2012 aan sy langverwagte solo-debuut, Vergeet Wat Jy Weet Van Liefde, saam met medeskrywers en tydgenote Johan Vorster en Ewald Coleske, gewerk.


Biografie


Liedjies skryf is in sy bloed. 


Op die jong ouderdom van 12 het Dewald alreeds sy eerste liedjie geskryf. Ná matriek het hy sy talent na die destydse Pretoria Technikon geneem en sy algemene bekwaamheid verder geslyp deur 'n diploma in vermaaklikheidstegnologie te verwerf.


Dubbeld gekwalifiseer, beide op papier en met louter talent, het hy die volgende vier jaar sy groep Wasserfall gelei, en twee albums, insluitende die treffers "Suikerbos" en "All About Me", vrygestel – onderwyl hy liedjies geskryf het vir sommige van Suid-Afrika se grootste sterre, soos Jay, Karlien van Jaarsveld, Bok van Blerk en Lianie May. 


"My grootste vyand is ek self," lag hy. "Ek kan nie stilsit nie. Wanneer ek nie slaap nie, hol ek rond en voeg verkieslik nuwe idees en kleure by my progressiewe musieksmaak."


Ons kan nie wag om te hoor wat Dewald dié jaar oplewer nie.

Show's Stories