Is dit dalk die einde van Nádine en Derick Hougaard?

Is dit dalk die einde van Nádine en Derick Hougaard?

Daar is gerugte dat Nádine en Derick Hougaard se verhouding dalk op die rotse is. 

Derick Hougaard en Nadine
Jacaranda FM

Op 22 Januarie het Nádine op Instagram vir Derick bedank vir 18 maande saam, maar na  NETWERK24 onlangs oor die glanspaartjie berig het - begin aanhangers twyfel of die twee nog saam is. 

LEES OOK: Nádine shares emotional message to Derick Hougaard

Die Instagram-inskrywing het dadelik duisende aanhangers gelok: "As ek kon sou ek 18 jaar se wegvlieg, wegvee. 18 jaar se wegtrek, wegwens. 18 trane afdroog. 18 foute oorbesluit. 18 drome waarmaak. 18 beloftes vir ewig vas sement. 18 teleurstellings voorkom en dan oorkom. 18 geheime vertel. 18 stories neerpen. 

"Maar vir nou sê ek net dankie vir 18 maande se mooi. 18 maande se vasklou. 18 keer se baklei teen onreg en oorleef. Meer as 18 herinneringe - goed en sleg. 18 mande van JOU ken. Beter as wat ek suurstof ken. 

"En die goeie wat jy wel in my inbring..."

Nádine het Dinsdag by navraag van Netwerk24 gesê sy gaan geen kommentaar nie lewer op of sy en Derick nog saam is nie.

Verlede jaar het die paartjie hul eerste jaar as paartjie gevier op die Breakfast with Martin Bester. Nádine het ook erken dat hulle baie uitdadings in die gesig staar omdat hulle konstant in die publieke oog is. 

LEES DIE VOLLE BERIG HIER: Nadine celebrates one year with Derick on Breakfast with Martin Bester

Hou op Jacaranda FM se webtuiste dop vir verdere verwikkelinge.

View this post on Instagram

'Moments' that's what life is made of... 🧡

A post shared by Nádine (@nadinenet) on

View this post on Instagram

🖤

A post shared by Nádine (@nadinenet) on

Hou Jacaranda FM se webtuiste dop vir verdere verwikkelinge.

Show's Stories