Dowwe Dolla is terug!
Updated | By MornéJK
Dowwe Dolla is terug met 'n splinternuwe "eenvrou" vertoning waar sy weg beweeg van politiek, alhoewel daar elke nou en dan 'n onbeplande dwarsklap per ongeluk "gebeur".

Dolla storm die gevaarlike kuberruimte in om die verskil tussen Twitter, Facebook, Instagram en Solitaire te probeer "deconstruct".
Sy onthul die werklike redes hoekom vrouens nog mans "aanhou", sy ontleed die Suid Afrikaanse "braai" in detail uit n blonde sielkundige oogpunt.
In die proses word ingewikkelde onderwerpe soos trofeejag, homopatie, arachnofobia en hondsdolheid onder die vergrootglas geneem.
En vir die eerste keer, maak ouma Dowe Dolla ook haar verskyning op die verhoog om 'n meer wyse en historiese perspektief aan alledaagse gebeure in ons land te gee.
Verwag nog 'n lag/minuut woorde-tsunami van Suid Afrika se gunsteling blondine.
Die vertoning vind op op 3 Augustus by die Atterbury Teater in Pretoria plaas.
- Persverklaring
Show's Stories
-
Vermaaklikheidster in hospitaal ná fratsongeluk
Bibi du Preez het 'n versoek op aanhangers gemaak om haar te ondersteun ...
Breakfast with Martin Bester 2 hours ago -
50-hour water maintenance coming for these Joburg areas
Residents have been reminded of a 50-hour water maintenance operation th...
Breakfast with Martin Bester 2 hours ago