"Ek het nog altyd geglo dat ek goed is" - Gideon Lottering van 'Maak My Famous'

"Ek het nog altyd geglo dat ek goed is" - Gideon Lottering van 'Maak My Famous'

kykNET se talentkompetisie 'Maak My Famous' keer 8 Augustus 2020 terug – en die deelnemers is meer as gereed om kykers regstreeks te vermaak. Jacaranda FM gesels met Gideon Lottering van George.

Gideon Lottering van 'Maak My Famous'
Instagram/ Gideon Lottering van 'Maak My Famous'

'Maak my famous' het ’n agt weke produksiebreek geneem weens die Covid 19-pandemie.

Maar nou is deelnemers nie net goed voorbereid nie, hulle maak ook gereed vir ’n splinternuwe tydsgleuf. 'Maak My Famous' sal nou elke Saterdagaand om 20:00 op beide kykNET en kykNET & kie uitgesaai word.

Jacaranda FM het met een van die Top-10 deelnemers, Gideon Lottering gesels. 

Hoe het jy gedurende lockdown voorberei vir die kompetisie? 

"Ek dink lockdown was perfek gewees om tyd te spandeer met myself en my familie. Dit het my net weereeens laat besef hoe baie die kompetisie vir my beteken. Ek voel ek is in 'n beter mental en physical space."

Die program is nou regstreeks, sou jy sê dit maak die kompetisie moeiliker of makliker vir jou? 

"Ek sal se dit maak die show net soveel meer intense en ook exciting terselfde tyd, want jy het nou die hele Suid-Afrika wat na jou kyk so jy moet 150% gereed wees."

En natuurlik is daar nou nie meer ‘n gehoor voor julle nie, maar julle tree vir die kykers by die huis op. Maak dit ‘n groot verskil aan jou optrede? Indien ja, hoekom? 

"Dit maak 'n groot verskil, want mens is so gewoond voor 'n gehoor optree wat altyd die energy gee. Ek dink mens moet nou al jouself prepare hoe jy daardie selfde energy in jou performance."

Wat kan kykers verwag van jou? 

"Hulle kan verseker wees dat ek 10 keer meer die energie gaan het as wat hulle laas gesien het. Ek gaan my hart en siel op die verhoog los."


Hoekom dink jy moet jy die kompetisie wen?

"Ek het nog altyd geglo dat ek goed is in wat ek doen en dat ek hoogtes sal bereik met my gawes. Ek wil die kompetisie wen om aan myself eerstens te bewys dat alles is moontlik is jy glo en positief bly. Ek wil 'n inspirasie wees vir soveel daar buite wat ook hulle drome volg en iemand wil bekom in die lewe.

Show's Stories