"Ek sien uit om te 'perform' vir die kykers" - Emma Ellis van 'Maak My Famous'

"Ek sien uit om te 'perform' vir die kykers" - Emma Ellis van 'Maak My Famous'

kykNET se talentkompetisie 'Maak My Famous' keer 8 Augustus 2020 terug – en die deelnemers is meer as gereed om kykers regstreeks te vermaak. Jacaranda FM gesels met Emma Ellis. 

Emma Ellis van 'Maak My Famous'
Instagram/ Emma Ellis van 'Maak My Famous'

'Maak my famous' het ’n agt weke produksiebreek geneem weens die Covid 19-pandemie.

Maar nou is deelnemers nie net goed voorbereid nie, hulle maak ook gereed vir ’n splinternuwe tydsgleuf. 'Maak My Famous' sal nou elke Saterdagaand om 20:00 op beide kykNET en kykNET & kie uitgesaai word.

Jacaranda FM het met een van die Top-10 deelnemers, Emma Ellis gesels. 

Hoe het jy gedurende lockdown voorberei vir die kompetisie? 

"Ek het gesing toe ek vir my familie kos gemaak het en elke ander kans wat ek kon kry."

Die program is nou regstreeks, sou jy sê dit maak die kompetisie moeiliker of makliker vir jou? 

"Ek dink dit gaan dit bietjie moeiliker maak. Live is altyd bietjie meer pressure."

En natuurlik is daar nou nie meer ‘n gehoor voor julle nie, maar julle tree vir die kykers by die huis op. Maak dit ‘n groot verskil aan jou optrede? Indien ja, hoekom? 

"Ek "feed" nogal van n gehoor af, so ek dink dit gaan vir my n groot aanpassing wees. Maar ek sien uit om te adapt! Ek sien uit om te perform vir die kykers en hulle weg te blaas elke kans wat ek het!"

Wat kan kykers verwag van jou? 

"Hulle kan 'n uitgeruste stem en siel verwag," lag sy.  "Ek kan nie wag om weer terug te wees op daai verhoog nie!"

Hoekom dink jy moet jy die kompetisie wen?

"Ek dink ek moet wen omdat ek iets is wat die musiek industrie in SA nog nie het nie."

Show's Stories