"Ek voel dit is nou my tyd" - Henrico Coetzer van 'Maak My Famous'

"Ek voel dit is nou my tyd" - Henrico Coetzer van 'Maak My Famous'

kykNET se talentkompetisie 'Maak My Famous' keer 8 Augustus 2020 terug – en die deelnemers is meer as gereed om kykers regstreeks te vermaak. Jacaranda FM gesels met Henrico Coetzer van Pretoria. 

Henrico Coetzer van 'Maak My Famous'
Instagram/ Henrico Coetzer van 'Maak My Famous'

'Maak my famous' het ’n agt weke produksiebreek geneem weens die Covid 19-pandemie.

Maar nou is deelnemers nie net goed voorbereid nie, hulle maak ook gereed vir ’n splinternuwe tydsgleuf. 'Maak My Famous' sal nou elke Saterdagaand om 20:00 op beide kykNET en kykNET & kie uitgesaai word.

Jacaranda FM het met een van die Top-10 deelnemers, Henrico Coetzer gesels. 

Hoe het jy gedurende lockdown voorberei vir die kompetisie? 

"Ek het seker gemaak ek sing en oefen nog gereeld by die huis om my stem mooi opgewarm te hou. Ek het ook in die tyd van lockdown besluit om ‘n life coach te begin sien om my positief te hou in hierdie tyd en my gemoed reg te kry vir wanneer ek weer terug op die verhoog is." 

Die program is nou regstreeks, sou jy sê dit maak die kompetisie moeiliker of makliker vir jou? 

"Vir my maak dit eintlik nie ‘n verskil nie. Ek is tog bly dit is live, want dan weet ek en die mense wat my loopbaan volg als op dieselfde tyd... dit was moeilik om als ‘n geheim te hou."

En natuurlik is daar nou nie meer ‘n gehoor voor julle nie, maar julle tree vir die kykers by die huis op. Maak dit ‘n groot verskil aan jou optrede? Indien ja, hoekom? 

"Aan die begin het dit my baie gepla en ek het gewonder hoe ek dit gaan doen. Maar ek dink omdat ek klaar ‘n baie emosionele en passievolle sanger is en ek in my eie wêreld ingaan wanneer ek sing dit nie vir my ‘n groot verskil gaan maak nie."

Wat kan kykers verwag van jou? 

"Wees seker dat ek met elke optrede ‘n lied gaan sing wat ‘n groot indruk op die kykers gaan los asook beslis hulle harte gaan aanraak." 

Hoekom dink jy moet jy die kompetisie wen?

"Ek voel dit is nou my tyd. Ek weet wie ek is en waarheen ek wil gaan. Ek is al ‘n klomp jare in die skaduwee van die musiek bedryf en voel dit is nou my tyd om die “spotlight” te neem."

Show's Stories