EKSKLUSIEF: Joe Foster verklap meer oor troue en nuwe musiek

EKSKLUSIEF: Joe Foster verklap meer oor troue en nuwe musiek

Sanger Joe Foster gesels met Jacaranda FM, onder andere, oor sy trouplanne met sy verloofde en sy nuwe Engelse liedjie.

EKSKLUSIEK: Joe Foster verklap meer oor troue met sy verloofde
Instagram / Joe Foster

In Desember 2018 het die gewilde plaaslike sanger, Joe Foster die grootvraag aan sy nou verloofde Ziechfried Paul gevra. 

En nou is Joe en Ziechfried besig om hul groot dag te beplan.

LEES OOK: KYK: Joe Foster is verloof!

“Al wat ons kan sê is dat ons ongelooflik gelukkig saam is,” noem Foster.

Joe Foster was al vir 20 jaar openlik gay by sy familie en vriende, maar het so paar jaar gelede ook besluit om opelike gay te wees in die publiek. “Al kry ons lelike oordeling het ons beide nog nooit soveel liefde ervaar en verstaan nie,” noem Foster. 

View this post on Instagram

Ek het nuus. Ek kon nooit verstaan wat dit is om n lig vir die wêreld te wees soos wat Jesus van gepraat het nie. Ek het my bes probeer om wat my hart so diep gesoek het te verwerp en te begrawe want dis mos “donker” om anders te wees. Ek het dit gedoen sodat my lig as n goeie “Christen” kan skyn vir die wêreld. So het ek die lewe en liefde prys gegee soos wat vir ons vertel en verwag word ons moet doen. My valse lig het in n kas geskyn. So aanbid ek die wêreld deur te vrees wat mense aan die ander kant van die kasdeure gaan voel, dink en sê. Ek het myself in dié kas gesit want ek was skaam vir myself en wat van my kan word as mense weet. Toe ek besef ek aanbid wat ek vrees toe verstaan ek wat dit beteken om God te vrees beter as ooit. Mens kan nie twee meesters hê nie. Ek het die kas deure stadig begin oopmaak n paar jaar terug in daai ontnugtering, want eks liewer vir God as die wêreld. Ek het een geword met myself deur hierdie diep soeke vir God se antwoorde op die moeilike vrae. Die lig het uiteindelik begin skyn toe ek een word met myself en die deure begin oopgaan en antwoorde duideliker begin word. Die lig het alles verander. Die beste deel van die nuwe lig is dit het n geskenk van God na my toe gelok en die Here het my gewys hoe lief Hy my het deur hierdie geskenk vir my te gee. Die 15de Desember het ek hierdie geskenk @ziechfried_v_paul na amper 3 jaar gelukkig saam gevra om myne te wees vir ewig. Hy het ja gesê. Nou sien ek eers uit na n era waar my en sy lig op hulle helderste gaan skyn. 🎉💡 Ek is lief vir hierdie mannetjie! #youlovewhoyoulove ❤️👬👨‍❤️‍👨🏳️‍🌈 #gay #lovewins #JohnMayer @johnmayer #ItsWhoYouLove

A post shared by Joe Foster (@joefosterofficial) on

LEES OOK: Harry Potter' actor to star in new S.Africa jailbreak drama

“Ek en Ziechfried is vol aan die gang met die trou reëlings, dit verander heeltyd,” verklap Foster.

En ja, die paartjie het al op ‘n datum en venue besluit.

Die paartjie beplan ‘n intieme troue met net die nodige mense wat hul al diep geraak het in hul lewe. “Ziechfried het baie goeie smaak, en is baie goed met hierdie tipe goed en ons het een voorwaarde gemaak – ons mag nie baklei oor een ding van daai dag nie,” noem Foster. 

En wat van Joe en Ziechfried se trouliedjie?

Foster roer vir jare aanhangers se hartsnare met sy engelstem en beeldskone lirieke, maar hoe gemaak met die paartjie se trouliedjie?

Volgens Foster, is trouliedjies moeilik om te kies. Die paartjie beplan ‘n sprokiestroue en wil hul drome laat saam smelt. Foster verklap verder aan Jacaranda FM dat hy ook beplan oom self by die groot dag te sing, maar alles is ‘n geheim.

Foster het nie net oor sy groot dag gesels nie, maar het ook meer gedeel oor sy splinternuwe liedjie, ‘One Body’ 

Nuwe musiek

Die Engelse liefdeslied se liriekvideo was Maandagoggend op die sanger se sosiale media platforms bekendgestel. Die Ghoema-wenner noem dat vir hom belangrik was om homself in enige taal uit te kan druk en dat hy nie beperk wil voel omdat hy ‘n Afrikaanse kunstenaar is nie.

Hy skryf en vervaardig self sy musiekvideo’s – en is ten volle betrokke by elke stap van die fase. Foster beplan nie nou dadelik ‘n musiekvideo vir die liedjie nie, maar wil eers ‘n bietjie wag en met geduld aan die video werk.

KYK NA DIE LIRIEKVIDEO HIER:

Verlief, sukses en geluk is die woorde wat Joe Foster nóú die beste beskryf.

Ons sien uit om die sprokiestroue saam hul te beleef.

Show's Stories