Francois van Coke verwelkom baba dogtertjie
Updated | By MornéJK
Afrikaanse rocker, Francois Van Coke het gister pa geword en het 'n foto van sy kleinding op Instagram gelaai.

Vroeër vanjaar het Van Coke bevestig dat hy en sy vrou, Lauren 'n dogtertjie verwag en dat sy in November gebore sal word.
Francois Badenhorst, beter bekend as Francois van Coke van die alternatiewe rockgroepe Polisiekar en Van Coke Kartel, het dié boodskap vroeër vanjaar op Facebook gedeel:
"Daar is 'n klein Van Cokie oppad. Ek en Lauren is baie opgewonde om ouers te word van 'n dogtertjie! Sy kom in November en ons kan nie wag nie."
Wel, Francois het sy blydskap gister met die wereld gedeel en bevestig dat klein Alex Lila Badenhorst op die 7de November gebore is.
LEES OOK: WATCH: Francois van Coke does Phil Collins cover on MBD
Alex Lila Badenhorst is vandag gebore , op 7 November. @laliewild is amazing
A photo posted by Francois van Coke (@francoisvancoke) on
Alex Lila Badenhorst is vandag gebore , op 7 November. @laliewild is amazing," het die rocker op Instagram geskryf.
Dit is die paartjie se eersteling, maar hulle het ook 'n honde-kind, Ringo.
Show's Stories
-
The secret emojis Gen Zs are using and their meanings
Can you understand the meaning behind the emoji?
The Drive with Rob & Roz 10 hours ago -
UNO is coming to Las Vegas casinos
Las Vegas is throwing out a wildcard!
The Drive with Rob & Roz 11 hours ago