"Genoeg is genoeg" sê 7de Laan se 'Vanessa' oor boelies op sosiale media
Updated | By Jacaranda FM
Aktrise Ingrid Paulus het Vrydagaand op haar Facebook-blad sterk standpunt teen boelies op sosiale media ingeneem.

"Mense dink hulle kan sê wat hulle wil oor my. Ek het genoeg gehad van boelies."
Só sê die aktrise Ingrid Paulus, wat vir die afgelope 20 jaar die rol van 'Vaness'a op 7de Laan vertolk.
LEES OOK: Jo Black launches anti-bullying app on the Scenic Drive with Rian
Paulus het in Augustus na die gewilde sepie teruggekeer ná ’n lang afwesigheid. Sy het haar tot Facebook gewend oor wat mense op sosiale media oor haar en haar karakter se voorkoms gesê het.
"As mens met gevoelens, het ek genoeg gehad van mense wat waglike, lelike goed oor my op sosiale media sê."
"Om daagliks bespot te word is nie 'n lekker ervaring. Veral my fisiese voorkoms," het sy by die plasing geskryf.
Duisende ondersteuners het boodskappe van ondersteuning op Facebook-bladsy gestuur na haar inskrywing, wat teen Maandagoggend nagenoeg deur 4000 mense gedeel is.
Lees Paulus se volle inskrywing hier:
Show's Stories
-
Get your Premier League predictions and join our FPL
Football season is upon us so get your predictions in and join our FPL.
The Drive with Rob & Roz 19 hours ago -
Week In Review: The Round-up with Rob & Roz
Birthday week, Accidental thefts, Fantasy Premier League, SA's most fast...
The Drive with Rob & Roz 19 hours ago