'Genoeg is genoeg' sê 7de Laan se 'Vanessa' oor boelies op sosiale media

"Genoeg is genoeg" sê 7de Laan se 'Vanessa' oor boelies op sosiale media

Aktrise Ingrid Paulus het Vrydagaand op haar Facebook-blad sterk standpunt teen boelies op sosiale media ingeneem.

ingrid paulus
Ingrid Paulus / Facebook.

"Mense dink hulle kan sê wat hulle wil oor my. Ek het genoeg gehad van boelies."

Só sê die aktrise Ingrid Paulus, wat vir die afgelope 20 jaar die rol van 'Vaness'a op 7de Laan vertolk.

LEES OOK: Jo Black launches anti-bullying app on the Scenic Drive with Rian

Paulus het in Augustus na die gewilde sepie teruggekeer ná ’n lang afwesigheid. Sy het haar tot Facebook gewend oor wat mense op sosiale media oor haar en haar karakter se voorkoms gesê het. 

"As mens met gevoelens, het ek genoeg gehad van mense wat waglike, lelike goed oor my op sosiale media sê."

"Om daagliks bespot te word is nie 'n lekker ervaring. Veral my fisiese voorkoms," het sy by die plasing geskryf.

Duisende ondersteuners het boodskappe van ondersteuning op Facebook-bladsy gestuur na haar inskrywing, wat teen Maandagoggend nagenoeg deur 4000 mense gedeel is.

Lees Paulus se volle inskrywing hier:

Show's Stories