'Geskenk uit God se hand' sê ouma Ronel oor Karlien se swangerskap
Updated | By Jacaranda FM
Gewilde sanger en aanbieder Karlien van Jaarsveld se ma, Ronel Brink het Woensdag aan Jacaranda FM bevestig dat Karlien nog 'n bondel vreugde verwag.

Karlien van Jaarsveld is al 13 weke swanger.
Van Jaarsveld se ma en bestuurder, Ronel Brink het die opwindende nuus Woensdag met Jacaranda FM gedeel en noem dat die hele familie ongelooflik opgewonde is.
LEES OOK: KYK: Voormalige Mej Wêreld, Rolene Strauss is swanger
"Dit was 'n verrassing, maar ons is verskriklik opgewonde daaroor en ons glo en ons vertrou dat hierdie 'n gesonde en geseënde swangerskap gaan wees," vertel Brink.
Van Jaarsveld het aan Huisgenoot genoem dat haar man, Joe Breytenbch en haar drie kinders, Elah, Daniël en Eliah kinderlik opgewonde is oor die nuwe toevoeging to hul gesin.
Kinders sal altyd 'n geskenk wees uit God se hand en ons is dankbaar daarvoor.- Ronel Brink
Van Jaarsveld het in September haar eerste kookboek, 'Karlien Kan Nie Kook Nie' vrygestel, waarin sy maklike en goedkoop resepte deel vir mense wat glad nie kan kook nie.
Lees meer oor die boek hier: Karlien van Jaarsveld kook lekker saam op die Scenic Drive met Rian.
Show's Stories
-
WATCH: Meta is bringing ads to WhatsApp
Will you have to watch ads before reading your chats?
The Drive with Rob & Roz 12 minutes ago -
South Africans concerned about Miss SA organisation
What is happening at the Miss South Africa organisation?
The Drive with Rob & Roz 2 hours ago