KYK: Voormalige Mej Wêreld, Rolene Strauss is swanger
Updated | By Dean Paulse
Voormalige Mej Wêreld, Rolene Strauss het Woensdagaand aangekondig dat sy weer swanger is!
Die plaaslike skoonheid, Rolene Strauss het aangekondig dat sy al drie maande swanger is.
Strauss het die opwindende nuus op haar YouTube-kanaal aangekonding. In die 17-minute video praat sy oor verskeie dele van haar lewe, insluitend die nuwe toevoeging tot haar gesin.
LEES OOK: "I'm still a proud member of the ANC" - Tannie Evita Bezuidenhout
Strauss deel aan die einde van die regstreekse video dat sy en haar man D'niel hul tweede kind binne die volgende paar maande gaan verwelkom. Die bondel vreugde word in Januarie/Februarie 2020 verwag.
"Ek is al drie maande swanger, en ons is so opgewonde om ons familie uit te brei," het sy aan haar volgelinge vertel.
Strauss noem ook hoe haar seuntjie na haar toe gekom het, voordat sy geweet het sy is swanger, en hoe hy vir haar vertel het dat daar 'n baba in haar maag is.
KYK HIER NA DIE SPESIALE AANKONDIGING:
Show's Stories
-
Rare comet visible for first time in 160,000 years
If you want to spot this incredible sight you have to be quick, and shar...
The Drive with Rob & Roz an hour ago -
Jamie Foxx shares what he saw during near-death experience
The actor and singer almost lost his life while working on his latest mo...
The Drive with Rob & Roz an hour ago