Gewilde 'Binnelanders'-karakter groet sepie

Gewilde 'Binnelanders'-karakter groet sepie

Pascal Pienaar beter bekend as die bekkige verpleegster 'Karli du Preez' het hierdie week die sepie gegroet. 

'Karli du Preez' groet Binnelanders met emosionele einde

Die karakter, 'Karli du Preez' van 'Binnelanders' het met haar blondekop en pragtige blou oë enige dokter of pasiënt se voete onder hul uit geslaan. 

Haar bekkige sê-goedjies het ook ons maagspiere oortyd laat werk. 

LEES OOK: Robbie Wessels wil met nuwe treffer Suid-Afrikaners bymekaar bring

Kykers het onlangs uitgevind dat Pienaar se karakter, 'Karli' 'n kleptomaan is. Dinsdagaand se aksie-belaaide episode het talle kykers in trane gehad, toe hulle totsiens vir 'Karli' moes sê.

Pienaar het 'n video gedeel met 'Binenlanders'-aanhangers, waar sy vir 'Karli', Binnelanders, en die kykers bedank het vir al hul liefde en ondersteuning. 

Kyk hier na die video:

Mede-akteur, Ramey Short het op sy sosiale media platforms geskryf dat dit wonderlik was om saam met Pienaar te kon werk. "Van akteur tot aktrise. Dit was 'n goeie tyd gewees & jyt my laat lag. Mag die toekoms nog baie goeie memories inhou v jou!" het Short op Facebook geskryf.

Show's Stories