Gewilde 'Binnelanders'-karakter groet sepie
Updated | By Dean Paulse
Pascal Pienaar beter bekend as die bekkige verpleegster 'Karli du Preez' het hierdie week die sepie gegroet.
Die karakter, 'Karli du Preez' van 'Binnelanders' het met haar blondekop en pragtige blou oë enige dokter of pasiënt se voete onder hul uit geslaan.
Haar bekkige sê-goedjies het ook ons maagspiere oortyd laat werk.
LEES OOK: Robbie Wessels wil met nuwe treffer Suid-Afrikaners bymekaar bring
Kykers het onlangs uitgevind dat Pienaar se karakter, 'Karli' 'n kleptomaan is. Dinsdagaand se aksie-belaaide episode het talle kykers in trane gehad, toe hulle totsiens vir 'Karli' moes sê.
Pienaar het 'n video gedeel met 'Binenlanders'-aanhangers, waar sy vir 'Karli', Binnelanders, en die kykers bedank het vir al hul liefde en ondersteuning.
Kyk hier na die video:
Mede-akteur, Ramey Short het op sy sosiale media platforms geskryf dat dit wonderlik was om saam met Pienaar te kon werk. "Van akteur tot aktrise. Dit was 'n goeie tyd gewees & jyt my laat lag. Mag die toekoms nog baie goeie memories inhou v jou!" het Short op Facebook geskryf.
Show's Stories
-
Stephanie Baartman sing Amy Winehouse-treffer op Friday Live
Die sanger en aktrise Stephanie Baartman het Amy Winehouse se 'Valerie' ...
Breakfast with Martin Bester 4 hours ago -
Cruise control: 'Top Gun 3' officially in the works
If you still feel the need for speed, Paramount Pictures has good news f...
Breakfast with Martin Bester 5 hours ago