Goeie nuus: Mike Bolhuis is terug!
Updated | By Dean Paulse
Spesialis ondersoeker,
Mike Bolhuis, wend weereens sy allerbeste pogings aan om misdaad te beveg en
boewe agter die tralies te laat beland.

In hierdie seisoen is Bolhuis op soek na internasionale voorvlugtiges, fokus hy op moorde tot bedrog en kyk na die nuwe dwelms wat veral skoolkinders teiken.
Mike Bolhuis is vanaf 31 Julie terug op kykNET.
LEES OOK: Na tien jaar keer Leandie du Randt terug na 'Getroud Met Rugby'
Okkultiese bedrywighede word onder die soeklig geplaas en Mike probeer ‘n dorp red en waarsku op sy unieke manier wie jy op verlief moet raak en wie nie.
Ons sien die sagter kant van Mike wanneer hy Kimberley besoek om die flaminke vry te laat wat hy onlangs gered het en daar is selfs ‘n troue op die horison. Soos met die vorige seisoen, kan kykers ‘n Mike verwag wat nie skroom om doekies om te draai nie!
Die eerste seisoen van 'Bolhuis', met die baasspeurder Mike Bolhuis as sentrale fokus, het
kykers se verbeelding aangegryp en vasgenael gehou. In die program het Mike na
vorige sake gekyk en het hy en die res van sy span ‘n kykie gegee in hoe sake
deur hulle opgelos word.
Die kykers het gevra, en kykNET het geantwoord. Skakel vanaf Woensdag 31 Julie 20:00 in vir die tweede seisoen. Die eerste seisoen van 'Bolhuis' sal vanaf Woensdag 31 Julie 21:00 op kykNET&kie uitgesaai word.
Show's Stories
-
Prince Harry almost ended up dating a Kardashian
Prince Harry was nearly set up with one of the Kardashian sisters before...
Breakfast with Martin Bester 19 minutes ago -
The healthiest habit to start before 09:00
According to dietitians, this is the healthiest habit to adopt before 09...
Breakfast with Martin Bester 4 hours ago