Goeie nuus: Mike Bolhuis is terug!

Goeie nuus: Mike Bolhuis is terug!

Spesialis ondersoeker, Mike Bolhuis, wend weereens sy allerbeste pogings aan om misdaad te beveg en boewe agter die tralies te laat beland. 

Mike Bolhuis is terug!
Skermgreep / YouTube

In hierdie seisoen is Bolhuis op soek na internasionale voorvlugtiges, fokus hy op moorde tot bedrog en kyk na die nuwe dwelms wat veral skoolkinders teiken. 

Mike Bolhuis is vanaf 31 Julie terug op kykNET. 

LEES OOK: Na tien jaar keer Leandie du Randt terug na 'Getroud Met Rugby'

Okkultiese bedrywighede word onder die soeklig geplaas en Mike probeer ‘n dorp red en waarsku op sy unieke manier wie jy op verlief moet raak en wie nie.

Ons sien die sagter kant van Mike wanneer hy Kimberley besoek om die flaminke vry te laat wat hy onlangs gered het en daar is selfs ‘n troue op die horison. Soos met die vorige seisoen, kan kykers ‘n Mike verwag wat nie skroom om doekies om te draai nie!

Die eerste seisoen van 'Bolhuis', met die baasspeurder Mike Bolhuis as sentrale fokus, het kykers se verbeelding aangegryp en vasgenael gehou. In die program het Mike na vorige sake gekyk en het hy en die res van sy span ‘n kykie gegee in hoe sake deur hulle opgelos word.

Die kykers het gevra, en kykNET het geantwoord. Skakel vanaf Woensdag 31 Julie 20:00 in vir die tweede seisoen. Die eerste seisoen van 'Bolhuis' sal vanaf Woensdag 31 Julie 21:00 op kykNET&kie uitgesaai word.

Show's Stories