Goue status laat Bok van Blerk sprakeloos
Updated | By MornéJK jk

Natuurlik is Bok geen vreemdeling wanneer dit kom by musiek wat mense meevoer nie en die titelsnit is reeds besig om trefferslyste regoor die land te bestyg.
Die grondliggende tema van die liedjie sal mense saambring en verenig. As mens in ag neem dat nagenoeg 7 miljoen mense in die land Afrikaans praat, is dit geen geringe aspirasie wat Bok koester nie.
Maar "Sing Afrikaner Sing" is juis een van daardie tipe liedjies wat mense se harte gaan verower en groter nasietrots en eenheid teweeg sal bring. Dit is ’n feit dat hierdie treffer nog groot dinge gaan bereik en sy regmatige plek gaan inneem langs ander saamsing Bok treffers oor die jare.
Bok is natuurlik beskeie oor die prestasie en oor die lof wat die nuwe CD inoes: “As iemand vir my amper 10 jaar terug gesê het my musiek sal vir jare nog mense inspireer en die klankbaan wees vir saam kuier, sou ek hul nie geglo het nie. Maar ja, baie dankie vir almal wat my musiek koop en luister.”
Bo-en-behalwe die titelsnit, sluit "Sing Afrikaner Sing" se speellys ook liedjies in met titels soos "Bok vir Sports," "Bosveld Afrika,” “Al die Dubbels" en "Soutwater," 'n bonussnit wat in die film "Leading Lady" verskyn het. Daar's ook 'n duet met die Afrikaanse musiek ikoon Laurika Rauch met die naam "Ek het.”
As jy die video van “Sing Afrikaner Sing” wil sien, gaan kyk gerus by www.bokvanblerk.co.za. Vir meer inligting oor wat Bok mee besig is en oor die nuwe album, volg hom op Twitter: @BokvanBlerkReal
- Pers Verklaring
Show's Stories
-
Why you should always secure your child before driving
Do you travel in your vehicle without buckling your child into a safety ...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 41 minutes ago -
Should nursery rhymes come with a trigger warning?
We can understand how we need to be cautious of what we expose our kids ...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 58 minutes ago