Hennie Smit is terug op die verhoog
Updated | By MornéJK
Bekende verhoog- en televisie akteur, Hennie Smit keer terug verhoog toe nadat twee jaar gelede baie siek geword het.

Smit vertolk die rol van Egbertus Wolmarans in As Drome Vlerke Kry en is perdfris en gesond.
"Ek het by die dood omgedraai, maar met die genade van Bo en Suid-Afrika se ongelooflike ondersteuning, is ek nou weer heeltemal gesond en aan die gang!" sê Hennie.
"Ek sien vreeslik uit om weer op die verhoog te wees. Jy weet laas het ou Deda my lekker gepootjie, maar die keer is ek reg vir Egbertus!"
Waaroor handel die stuk:
In ‘n aftree oord beleef twee wêreldbekende vermaaklikheidskunstenaars die mooi van vervloeë dae in herinnering.
Dis konserttyd by Huis Silwerjare en almal is in rep en roer om alles reg te kry vir die verhoog. Arina de Witt (Aria Von Waltzleben, alias Fanny Galore) boorling van Ariamsvlei, ster van die sestigerjare in Las Vegas, ‘n "geesgenoot" van Maria Callas en Edith Piaf.
Hennie Smit (Egbertus Wolmarans) boorling van die Swartland, onderwyser van Ariamsvlei, beroemde vermaaklikheidster en akteur wie se hartsnare nog al die jare roer vir Aria.
- Persverklaring
Show's Stories
-
5 ways to keep your home clean
If you want to come home to a clean and tidy home, then try out these si...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 33 minutes ago -
ChatGPT prayer blunder has funny outcome
A woman realises to may have been too trusting with ChatGPT's words...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 52 minutes ago