Innibos 2017: Kunstenaars kook by Jacaranda FM konsert
Updated | By MornéJK
Meer as 30 000 mense het Saterdagaand op die Innibos feesterrein toegesak vir die Jacaranda FM konsert.

Meer as 16 kunstenaars het op een verhoog vir die vermaak gesorg.
Innibos is 'n jaarlikse instelling in Mbombela en lok feesgangers van sover as Bloemfontein.
Martin Bester en Tumi Morake het as gasheer- en vrou opgetree en het die skare behoorlik laat skater van die lag.
Die vertoning, wat deur bekende konsert organiseerder Barry Pretorius behartig is, het gesorg vir hope vermaak en verrassings.
Snotkop het oudergewoonte die vertoning afgeskop 'n elektriese weergawe van sy treffer, Rock My Amadeus, terwyl Liezel Pieters die skare betower het met Miljoene Druppels.
Dozi, Robbie Wessels, Adam, Amanda Strydom, Monique Steyn en Refentse het die skare op hulle voete gehad terwyl vuurwerke die hemelruim bo die feesterrein opgehelder het.
Hier is 'n paar hoogtepunte:
Show's Stories
-
Altus Theart sing The Weeknd se 'Blinding Lights'
Akteur en musikant Altus Theart het sy weergawe van The Weeknd se 'Blind...
Breakfast with Martin Bester an hour ago -
WATCH: Man tries to mount a cow and instantly gets punished
This is what happens when you mess with mother nature...
The Workzone with Alex Jay 2 hours ago