Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees wen 2018 se Fees van die Jaar

Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees wen 2018 se Fees van die Jaar

Die fees is weer by vanjaar se kykNET Fiëstas as die beste fees in die land aangewys.

innibos karlien
Karlien van Jaarsveld / Jacaranda FM.

Ander wenners by vanjaar se kykNET Fiëstas sluit Amanda Strydom en Sandra Prinsloo in.

LEES OOK: Die Jacaranda FM-bus is op pad na Innibos!

Die 9de kykNET Fiëstas is op 14 Februarie 2019 by die Kunstekaap-teater in Kaapstad gehou en dit was beslis ’n aand ter viering van kreatiwiteit en besonderse prestasies in die uitvoerende kunste. 

Die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees het weggestap met die trofee vir fees van die jaar - vir die vierde keer. Dié toekenning is gegrond op stemme van die publiek wat vir 2018 se feeste van regoor die land kon stem.

Sandra Jacobs, media- en bemarkingsbestuurder van Innibos, deel op hul webtuiste dat hulle span dit glad nie verwag nie. “Ons is nou ampetelik die fees wat die toekenning al die meeste kere gewen het,” sê Jacobs. Die fees het in die nege bestaansjaar van die kompetisie al vier maal gewen.

Die fees het die goeie nuus op hul Facebook-blad gedeel.

Die organiseerders noem ook dat hul behoorlik opgewonde vir Innibos 2019 is. Vanjaar se fees vind van 26 tot 29 Junie 2019 plaas en beloof om uit die boonste rakke te wees.

Een van die hoogtepunte was beslis die Jacaranda FM Konsert op die hoofverhoog. Die konsert het gespog met 'n feeslike lys van plaaslike kunstenaars soos Bok van Blerk, Elvis Blue, Kurt Darren, Karlien van Jaarsveld, Touch of Class, Martin Bester, en Elandré Schwartz. 

Kaartjieverkope begin op 1 Maart. Besoek gerus die fees se Facebook-blad  vir meer inligting.

Show's Stories