Jak de Priester se nuwe musiek video
Updated | By MornéJK
Afrikaanse sanger, Jak de Priester het die week die musiek video vir die Hoener Met Die Rooi Skoene temalied bekend gestel.

Die sanger, skrywer en TV-persoonlikheid het die temalied vir die nuwe Koos Roets film geskryf, opgeneem en die musiekvideo vir hierdie aansteeklike liedjie is pas bekendgestel.
Die video is vervaardiger deur Jay Loots en sy span by Fathom Media.
"Dit is vir my baie lekker en 'n groot eer om betrokke te wees by die skryf van die temaliedjie vir Koos Roets se film," het de Priester gesê.
LEES OOK: Jak de Priester sing temalied vir nuwe fliek
Hy meen hy het lanklaas iets vir televisie of vir die grootskerm geskryf en dat hy baie opgewonde is.
"Dit was 'n uitdaging, omdat ek nog nie die film gesien het nie, en die liedjie moes skryf met slegs die mediavrystelling en rowwe weergawe van die lokprent tot my beskikking," meen Jak.
Hoener Met Die Rooi Skoene sal op 27 Januarie 2017 landswyd vrygestel word.
Kyk gerus hier:
Show's Stories
-
SA singer Roan Ash talks new music and Nashville inspiration
Singer-songwriter Roan Ash is living the dream in Nashville, one of the ...
The Drive with Rob & Roz 10 hours ago -
Prince Harry resigns from southern Africa charity
Prince Harry has quit as patron of a charity he founded in southern Afri...
The Drive with Rob & Roz 12 hours ago