Jak De Priester skryf 'n song vir sy ma

Jak De Priester skryf 'n song vir sy ma

Afrikaanse digter en sanger Jak de Priester het pas sy nuwe liedjie, Boervrou, vrygestel wat spesiaal vir sy ma geskryf is.

Jak De Priester skryf 'n song vir sy ma
Jak De Priester skryf 'n song vir sy ma

Jak het ook die liedjie aan alle ma's van Suid-Afrika opgedra, met Moedersdag om die draai.

 

Die nuwe liedjie kom van sy splinternuwe album, 15, wat onlangs vrygestel is.

"Ons het besluit om hierdie liedjie kort voor moedersdag vry te stel - nie as sy nuwe enkelsnit nie - maar somer net vir alle ma's," sê Jak se kantoor.

 

Hy vier vanjaar sy 15de jaar na sy debuutalbum met die weghol-treffer, Sally Williams Nougat, wat hy vir sy meisie, Michelle, geskryf het.

 

Sedertdien is hy met haar getroud en het hulle drie kinders.

 

Jak het ook sedert sy debuut 8 albums vrygestel, 'n DVD opgeneem en 'n kinderalbum uitgebring.

Show's Stories